|
Niewinsgewende organisasie nr. 035-837 NPO Openbare weldaadsorganisasie nr. 930 016 853 WELKOM BY DIE WEBWERF VAN DIE PRADER-WILLI-SINDROOM VERENIGING VAN SUID-AFRIKA Soos alle sindrome is die Prader-Willi-sindroom nie 'n siekte nie en kan dit nie genees word nie. Navorsers werk wêreldwyd hard om die uiters komplekse aard van hierdie afwyking te begryp. Sonder om engisins afbreuk aan hulle onskatbare werk te doen, is dit egter die hantering van hierdie sindroom wat van die allergrootste belang is.Ons vertrou dat die inligting wat op ons webwerf beskikbaar is u sal help om hierdie komplekse genetiese toestand te begryp. Laat ons altyd onthou dat daar agter hierdie sindroom en agter die massa inligting 'n gevoelige mens skuil, 'n mens in eie reg met 'n unieke persoonlikheid en 'n ingewikkelde emosionele lewe wat na eie verdienste deur die gemeenskap geag moet word. Ons nooi almal uit wat betrokke is by ‘n persoon met Prader-Willi-sindroom om by die Vereniging aan te sluit. Ouers, familielede, vriende, professionele persone, versorgers en ander belangstellendes is baie welkom. PWSA (SA) is 'n lid van die volgende organisasies en verenigings:
* International Prader-Willi Syndrome Organisation (IPWSO) www.ipwso.org
* South African Inherited Disorders Association (SAIDA) www.saida.org.za
* Western Cape Forum for Intellectual Disability (WCFID) www.wcfid.co.za
* The South African Association for the Scientific Study of Mental Handicap e-pos
This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it
Inligtingsblaadjie met opsommende inligting oor die sindroom:
Laai die Afrikaanse weergawe hier af Download the English version here Download the Zulu version here Inligtingsbrosjures: Prader-Willi Syndrome: Misunderstood because it is often not diagnosed I-Prader-Willi Syndrome: AYIQONDWA KAHLE NGOBA IVAME UKUNGAXILONGWA (isiZulu) Vind ons op Facebook
|