 Die Vereniging bied ‘n reeks ondersteuningsdienste aan die lede en ander belangstellendes. Opvoedkundige inligting oor die sindroom word in gereelde nuusbriewe aan lede voorsien.
Opvoedkundige inligting word op versoek aan ander belangstellendes soos familie, vriende, professionele persone, gesondheidswerkers, onderwysers, versorgers in residensiële sorgsentrums en ander voorsien.
Nuwe lede kan op versoek ook deur die Vereniging in aanraking kom met bestaande lede om uit hulle ervaring en kennis te put.
‘n Kliniek vir persone met PWS funksioneer onder leiding van dr. Engela Honey by die Departement van Genetika, Afdeling Mensgenetika by die Universiteit van Pretoria. Dr. Honey tree ook op as mediese raadgewer vir die PWSV (SA) en is beskikbaar vir konsultasies, maar alleenlik op afspraak. Kontakbesonderhede: Tel. +27 (0)12 319 2269 of epos:
This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it
‘n Diens slegs vir lede: Besoek die BIBLIOTEEK vir inligting oor boeke, DVD’s en video’s wat vir lede beskikbaar is.
Laai die Biblioteek PDF dokument af
|