PWSA (SA)
Maatskaplike Toelaes: Suid-Afrikaanse Regeringsdienste

English version

Finansiële hulp is beskikbaar aan Suid-Afrikaanse burgers en kinders of volwassenes met PWS mag kwalifiseer afhangende van die inkomste van die ouers.

Daar  is drie tipes toelaes van toepassing op kinders en volwassenes met PWS:

  • Kinderonderhoudstoelaag vir enige kind waarvan die ouers nie in ‘n finansiële posisie is om vir hom/haar te sorg nie.
  • Sorgafhanklikheidstoelaag vir ‘n kind tussen een en 18 jaar met ‘n gestremdheid wat bevestig is deur ‘n dokter.
  • Ongeskiktheidstoelaag vir ‘n volwassene tussen 18 en 59 jaar (indien vroulik) en tussen 18 en 64 jaar (indien manlik) met ‘n bevestigde gestremdheid.

Meer inligting oor die verskillende toelaes en kwalifiserende vereistes is beskikbaar by:www.sassa.gov.za

Gedetailleerde inligting oor die ongeskiktheidstoelaag is beskikbaar by:
www.services.gov.za

 

© PWSA (SA) 2011 Designed and Developed by Spiraleye Studios. Hosted by Afrihost.com