PWSA (SA)
Lidmaatskap

English version

U is baie welkom om by die Prader-Willi-Sindroomvereniging (PWSV (SA)) aan te sluit. Omdat ons ‘n niewinsgewende organisasie is, is ons voortbestaan en doeltreffende bestuur uiteraard afhanklik van die beskikbaarheid van fondse op ‘n voortgesette grondslag. Om ‘n opbetaalde lid te wees beteken onder meer om stemreg te hê by enige Algemene Vergadering en vir die verkies van die bestuurskomitee wat die belange van die Vereniging bevorder. Ons strewe is om lede op die hoogte te hou van die nuutste ontwikkelings op die gebied van die sindroom en so die lewenskwaliteit van die persoon met Prader- Willi-sindroom te verbeter.

Indien lidmaatskapfooie nie bekostigbaar is nie, kan u as ‘n lid registreer vir die bedrag van R50.00 wat u geregtig maak om ons nuusbrief en ander belangrike inligting te ontvang. Die PWSV (SA) is daartoe verbind om almal te ondersteun en sodoende die lewenskwaliteit van die persoon met Prader-Willi-sindroom, te verbeter.

Betaling kan per tjek, direkte deposito of deur internetbankdienste gedoen word.

Gebruik asseblief u van as verwysing. ‘n Kwitansie sal uitgereik word by ontvangs van betalingsbewys.

Eenmalige registrasiefooi van R50.00
R200.00 ledegeld per jaar
R220.00 vir persone buite RSA

Betaling aan:

Rig of faks betalingsbewys aan:

Prader-Willi-Sindroomvereniging (SA

PWSA (SA)

ABSA  Brooklyn, Pretoria

Posbus 2399

Takkode 632005

Brooklyn Square

Spaarrekeningnommer  113641800

Gebruik u van as verwysing

0075

Faks 086 551 5980

 

 

Baie dankie vir u ondersteuning.

Om aan te sluit, vul asseblief die aansoekvorm in en dien elektronies in.
Alternatiewelik kan die aansoekvorm uitgedruk word en ingevul en gepos of gefaks word aan:
PWSV (SA), Posbus 2399, Brooklyn Square, 0075. Faks 086 551 5980


Alle inligting wat verskaf word, word as vertroulik beskou!

AANSOEKVORM

 

© PWSA (SA) 2011 Designed and Developed by Spiraleye Studios. Hosted by Afrihost.com