Oorgewig – ‘n wêreldwye epidemie

Geskryf deur Dr. Engela Honey

Departement van Menslike  Genetika, Universiteitvan Pretoria

 

Oorgewig in volwassenes en kinders word ‘n wêreldwye gesondheidsprobleem en die voorkoms/insidensie het duidelik/ aantoonbaar die afgelope dekades toegeneem.  Die Wêreldgesondheidsorganisasie erken oorgewig as ‘n wêreldwye epidemie en beskou dit tans as ‘n siekte.  Daar word beraam dat 97 miljoen of 55% van die volwasse V.S.A.-bevolking oorgewig is en wêreldwyd affekteer/betrek dit 300 miljoen mense van wie 194 miljoen diabetes het.  Teen 2025 word verwag dat die getal oorgewig mense tot 333 miljoen gaan toeneem. Dit is op ‘n onlangse konferensie oor oorgewig bespreek.  In Brittanje is meer vroue oorgewig as mans en inwoners van Koeweit is onder die mees oorgewig mense ter wêreld.  Statistiek onder kinders wek ook kommer en studies het aangetoon dat die helfte van oorgewig kinders as volwassenes ook oorgewig is en dat kinders van oorgewig ouers ‘n groter kans het om ook oorgewig te word.

 

Oorgewig/obesiteit word gedefinieer as ‘n Liggaamsmassaindeks (LMI) (Body Mass Index) (BMI) (liggaamsgewig in kilogram gedeel deur die vierkant van lengte in meter(s) wat gelykstaande of meer is as 30.  Oorgewig mense het ‘n LMI / BMI van meer as 25 tot 29. Hipertensie (hoë bloeddruk), verhoogde cholesterol en Tipe II diabetes is meer algemeen by oorgewig mense as by die gewone bevolking en hulle het meer artritis en gewrig- en beweeglikheidsprobleme.  Die sogenaamde metaboliese sindroom met ‘n verhoogde risiko van hartaanvalle as gevolg van die akkumulasie van vet in die abdomen, insulienweerstandigheid en lae HDL (goeie) cholesterol kom ook meer algemeen by oorgewig mense voor.  Daar is ‘n aanduiding dat die immuunstelsel ook verander/aangetas kan word, wat oorgewig mense meer vatbaar vir infeksies en siekte maak.  Oorgewig adolessente kan ‘n negatiewe  selfbeeld ontwikkel, wat tot in volwassenheid mag voortduur.

 

Die toename  in die getalle van mense met oorgewig is/ word  toegeskryf aan die toename van die beskikbaarheid van kos / voedsel met ‘n hoë kalorie-inhoud en ‘n afname in die vlak van fisiese aktiwiteit.  Wegneemkos, gaskoeldranke, televisie en rekenaarspeletjies kry die skuld vir die redes/oorsake van oorgewig.  Wanneer energieverbruik minder is as voedselinname, sal energie as trigliseried in die adipose (vetweefsel) geberg word.  Leptien (‘n hormoon) wat deur die adiposiet (vetsel) afgeskei word, beheer voedselinname deur stimulasiereseptore in die hipothalamusdeel van die brein wat die brein inligting gee oor die vlak van vetberging, asook via die uitskeiding van ander hormone wat aptyt beheer.  Ander hormone wat geïdentifiseer is ten opsigte van vetregulering is:  neuropeptide Y, ghrelien, insulien en cholesistokinien.  ‘n Leptientekort mag oorgewig veroorsaak.  Die sogenaamde Sindroom X.  Navorsing het die betrokkenheid van genetiese faktore in die  vatbaarheid vir die ontwikkeling van oorgewig aangedui toe studies onderneem is en resultate vergelyk is ten opsigte van identiese en nie-identiese tweelinge.  Baie van die navorsing oor hierdie onderwerp word tans onderneem en sal hopelik in die toekoms nuwe insigte bied ten opsigte van nuwe terapieë om gewigstoename te beheer.

 

Oorgewig is een van die kardinale/belangrike eienskappe van talle genetiese syndrome (ten minste 25) waarvan Prader-Willi-sindroom een van die algemeenste is met ‘n insidensie/ voorkoms van 1 uit 20 000. Ander sindrome wat geïdentifiseer en geneties gekaart/ aangeteken is, is Cohen- (kortgebou, groot middelste snytande), Alström- (blindheid, doofheid en diabetes) en Bardet-Biedl- (blindheid en ekstra vingers en tone) sindroom.  Ander mediese oorsake is hipothiroïdisme (onderaktiewe skildklierhormoon), ‘n groeihormoontekort en breinletsels wat die hypothalamus en pituïtêre klier betrek.  Dit kan/mag ook deur sekere verdowingsmiddels soos steroïede (kortisoon) of chemoterapie veroorsaak word. As ‘n mediese oorsaak vermoed word, moet ‘n professionele mediese spesialis en ‘n dieetkundige die probleem probeer oplos.  Mediese oorsake maak egter die minderheid uit en die meeste gevalle kan toegeskryf word aan oormatige gedragtelike en sosiale voedselinname / energie-inname wat saamval met verminderde energieverbruik (te min oefening).

 

Die beheer van oorgewig geskied deur middel van ‘n dieet wat wentel om ‘n  beperkte kalorie-inname, (verhoogde) fisiese aktiwiteit, leefstylveranderings en gedragsterapieë soos in Prader-Willi-sindroom.  Voorkoming is egter beter as genesing en voldoende inligting moet aan gesinne verskaf word ten opsigte van die risikofaktore van oorgewig en voorkomende strategieë.

 

Verwysings:

1. Reuters Gesondheidsinligting (Health Information) 2004.

2. Endokrinologie- en Metabolismeklinieke van Noord-Amerika (Endocrinology and Metabolism Clinics of North America) 1996/2003.

3. Nelson se Handboek van  Pediatrie.

4. Nursing Standard Jan 2004.

5. Circulation Sept 2003